Jy wil goedkoop ’n motor by Durban se Koning Shaka- Internasionale Lughawe huur. Hoe gaan jy te werk? Onthou dat voertuie dieselfde is ongeag met watter motorhuuragentskap jy sake doen, sodat dit in die reël bloot sin maak om die goedkoopste een te kies (deur op gratis kilometers en tariewe per kilometer te let, asook op die basiese prys).
Ten einde te verseker dat jy die goedkoopste motor bespreek, moet jy jou van die pryse by elke liewe motorhuuragentskap vergewis: Avis, Budget, Europcar, Hertz, First Car Rental, Tempest Thrifty en Woodford. (As jy die Durbanse lughawe verlaat, sal jy al die motorhuuragentskappe op 'n ry aantref – kyk die foto onder). Benut die funksie vir die vergelyking van motorhuurpryse hier aan die regterkant om jou met jou keuse te help.
As jy van die Koning Shaka-lughawe af wegry, is daar sekere tolhekke; maak dus seker dat jy kontantgeld byderhand het. Indien jy op die N3 noordwaarts ry, is daar 'n tolhek by die Tongaat Toll Plaza, en suidwaarts in die rigting van die stad is daar die La Mercy Ramp Plaza. Volg hierdie skakel na Foresight Publications se N2-tolpadtariewe om vas te stel wat die huidige toltariewe is.
Waarskuwing: Misdadigers is bedrywig by die Koning Shaka-lughawe sowel as in Durban, en hulle het spesiaal alleenreisigers met skootrekenaars in hul visier. Hulle kan jou dalk van die lughawe af volg en by jou motor inbreek wanneer jy by jou hotel inteken. Ons beveel aan dat jy eerder 'n sedan huur as 'n luikrugmotor en dat jy jou bagasie in die kattebak toesluit.
Stuur ons per e-pos 'n beskrywing waarin jy van jou Durbanse motorhuurdery vertel en ons sal jou 'n reiskoepon stuur waarmee jy afslag kan kry wanneer jy jou volgende motor huur!
Avis Car Rental |
Telefoon: 032 436 7800 |
Budget Rent a Car |
Telefoon: 032 436 5500 |
Europcar |
Telefoon: 032 436 9500 |
First Car Rental |
Telefoon: 032 436 0100 |
Hertz Rent a Car |
Telefoon: 032 436 0300 |
Tempest Car Hire |
Telefoon: 031 469-0660 |
Thrifty Car Rental |
Telefoon: 032 436 9800 |
Woodford vehicle hire |
Telefoon: 032 436 3030 |